On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   06:52 Tue, 06 Oct 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark verhandel gemeng en is vasgevang tussen oesdruk en stygende oliepryse.

Daarmee saam het die Amerikaanse Departement van Landbou verlede week hul kwartaallikse voorraadverslag bekend gemaak en dit was laer as wat aanvanklik verwag is.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit- en geelmielies wat gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Oktober 2020 R27/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 380/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Oktober 2020 R30/ton laer verhandel om teen R3 298/ton te sluit.


 Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark is onder druk met die stroopproses wat aan die gang is.

Die weerstoestande is gunstig vir die stroopproses in die Verenigde State van Amerika, en dit plaas verder druk op die Amerikaanse mark met die nuwe seisoen sojabone wat die mark binnekom.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Oktober 2020, R48/ton laer verhandel vir die dag om teen R8 110/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het ondersteuning gevind met die hoër energiepryse.

Die weerstoestande in Rusland en die Oekraïne is tans ongunstig vir die aanplant van winterkoring wat die markte daar ondersteun.

Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R45/ton laer verhandel om teen R4 850/ton te sluit.


OFM-nuus

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.