On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

#VrystaatLandbou moedig deelname aan veiligheidsopleiding aan

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:03 Tue, 06 Oct 2020

#VrystaatLandbou moedig deelname aan veiligheidsopleiding aan | News Article

Daar lê ware krag in die weerbaarheid van gemeenskappe.


Dit is volgens Jakkals le Roux, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se landelike veiligheidskomitee, wat glo dié organisasie se opleidings- en bewusmakingsproses, wat in wording is, kan daartoe bydra. Dié opleidingsessies het juis ten doel om dissipline en eenvormigheid in die Vrystaat te vestig en om gemeenskappe te bemagtig met die nodige inligting en ander gepaardgaande fassette. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Le Roux gesels oor dié opleidingsessies, wat veral nou van groot belang is ná die grusame moord op die jong plaasbestuurder, Brendin Horner. 


Sien PODCAST aan die einde van die blad


Le Roux vra gemeenskappe om betrokke te raak by dié opleidingsessies wat ten doel het om gemeenskappe op te lei om gevaarsituasies te hanteer wanneer hulle hulself daarin bevind. 

Hy sê daarmee saam moet gemeenskappe besef dit is 'n groot uitdaging om 'n doeltreffende uitslag (oplossing) te kry wat die hele situasie rondom moorde op plase en kleinhoewes kan aanspreek. Dit is nie 'n maklike proses nie, maar VL, in samewerking met die polisie se plan met die opleidingsessies, kan waardevol wees. 

Daar is reeds in Augustus begin met die beplanning daarvan, en onderhoude met betrokkenes is gevoer in 'n poging om vas te stel hoe dié plan in werking gestel kan word. Dit behels die betrokkenheid van alle gemeenskappe en nie slegs landbougemeenskappe of lede van dié organisasie nie. Hulle gaan deel wees van 'n tipe opleidings- en bewusmakingsproses, wat daarop gemik is om gemeenskappe meer weerbaar teen die aanvalle in landelike gebiede te maak.  

Le Roux sê die instelling van dié plan vorder goed, maar gemeenskappe moet besef hulle is self verantwoordelik vir hul veiligheid. Hulle moet hulself weerbaar maak en verantwoordelikheid neem. Gemeenskapsbetrokkenheid is die sleutelwoord, want dit is belangrik dat mense weerstand kan bied in 'n situasie waarin hul lewens bedreig word. Juis daarom is die opleidingsessies waardevol. 


Hoe om betrokke te raak?

Hy sê in elke distrik is daar landelike sekuriteitsmaatskappye wat betrokke is by die opleidingsplan. Sou mense betrokke wil raak en deel daarvan wil wees, moet hulle met die onderskeie veiligheidsverteenwoordigers in hul onderskeie gebiede in verbinding tree.  Daar word beplan om vroeg in Januarie met dié opleidingsessies te begin, terwyl daar reeds met verskeie organisasies ooreengekom is oor hul betrokkenheid in terme van die aanbied van die opleidingsessies.  

Le Roux sê sodra 'n mens die veiligheidskursusse voltooi het, is hulle geakkrediteerde lede en ontvang hulle sertifikate vir die opleiding. Dié opgeleides kan weer 'n waardevolle rol speel in hul gemeenskappe in terme van die kennis wat hulle met dié opleidingsessies opgedoen het en sodoende kan gemeenskappe hulself dan oplei. 


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.