On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:18 Wed, 07 Oct 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die weeklikse mielie-produksietoestande in die VSA word op 62% goed tot uitstekend geskat, wat beter is as die vorige week se skatting van 61% goed tot uitstekend.

Die USDA se produksietoestande verslag dui ook aan dat die 25% van die Amerikaanse mielies reeds gestroop is. Dit is beter as die vyf jaar gemiddelde tempo van 24% voltooi teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike mieliemark het Dinsdag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Oktober 2020 R26/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 405/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Oktober 2020 R10/ton hoër verhandel om teen R3 300/ton te sluit.


Sojabone:

Die weeklikse sojaboon produksietoestande in die VSA word op 64% goed tot uitstekend geskat, wat onveranderd is vanaf die vorige week se skatting.

Die USDA se produksietoestande verslag dui ook aan dat die 38% van die Amerikaanse sojabone reeds gestroop is. Dit is beter as die vyf jaar gemiddelde tempo van 28% voltooi teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Oktober 2020, R40/ton hoër verhandel vir die dag om teen R8 150/ton te sluit.


Koring:

Volgens die weeklikse produksievorderingsverslag is 52% van die Amerikaanse winterkoring vir die seisoen reeds aangeplant. Dit is 5% meer as die vyf jaar gemiddelde tempo teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die winterkoring wat reeds ontkiem het, word op 24% geskat wat beter is as die vyf jaar gemiddelde tempo van 21% ontkiem teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike koringmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R21/ton hoër verhandel om teen R4 875/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.