On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

#BrendinHorner: 'Senekal-samekoms 'n emosionele ervaring'

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:28 Wed, 07 Oct 2020

 #BrendinHorner: 'Senekal-samekoms 'n emosionele ervaring' | News Article

Die samekoms van honderde boere en ander belanghebbendes by die hofverskyning van twee verdagtes in Senekal, wat teregstaan op die moord van Brendin Horner, 'n 21-jarige plaasbestuurder van Paul Roux in die Vrystaat, was 'n emosionele kwessie.


Jaco Taute, voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie in Gauteng, sê plaasmoorde eis die lewens van produsente op 'n gereelde grondslag en kosproduksie word daardeur geraak. Taute was gister in Senekal en het met OFM-nuus se Christal-Lize Muller gepraat...


Sien PODCAST aan die einde van die bladsy


"Dit is hartseer en ons minister (Bheki Cele) moet een of ander tyd besef dat ons as produsente die toekoms van die land is." Hy sê as elke produsent uit die waardeketting verwyder word deur middel van aanvalle en moorde in landelike gebiede, gaan daar nie meer voedselsekerheid in Suid-Afrika wees nie. Dié sekerheid word in dié stadium bedreig.

Hy sê die breë boeregemeenskap is nou onder geweldige druk, maar dit is belangrik dat almal saamstaan, want as daar sterk gestaan word, toon dit dat landbou nie terugstaan vir enigiemand nie. Sodoende gaan die bedryf 'vorentoe geneem kan word. Gemeenskappe moet hulself beveilig. "Staan sterk en help mekaar."

Taute meen daar is 'n groot boodskap deur die landbougemeenskap tydens die byeenkoms in Senekal uitgedra. Dit het sy doel gedien, maar daar moet oorgegaan word tot daadwerklike optrede.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.