On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   08:41 Thu, 08 Oct 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark word nou hoofsaaklik gedryf deur die stroopproses wat aan die gang is en die nuwe seisoen se voorraad wat die mark binnekom.

Die weeklikse etanolproduksie in die Verenigde State van Amerika (VSA) is laer en het in die afgelope vier weke 6.4% gedaal.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Oktober 2020 R87/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 488/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Oktober 2020 R88/ton hoër verhandel om teen R3 387/ton te sluit.

 

Sojabone:

In Brasilië is die toestande steeds droog, wat die sojaboon-aanplantings daar vertraag.

Die Amerikaanse sojaboon-uitvoer na China is steeds hoog en dit bied ondersteuning aan die internasionale pryse.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Oktober 2020, R87/ton hoër verhandel vir die dag om teen R8 245/ton te sluit.

 

Koring:

Die internasionale koringproduksie-vooruitsigte word onder druk geplaas met droë toestande wat tans in die Swartsee-streek en Argentinië heers.

Die internasionale koringmark word ondersteun deur die droeër toestande in hierdie gebiede.

Die plaaslike koringmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R16/ton hoër verhandel om teen R4 889/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.