On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:47 Thu, 08 Oct 2020

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag, praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher.


Hy sê daar is nou 'n verandering in verbruikers van kosprodukte se gedrag met die Covid-19-pandemie wat stelselmating beter beheer word. 

Die reaksie van sakeondernemings, soos in die geval van regerings en verbruikers, wissel na gelang daar vordering is met die navigasie van die heropbouproses.  Dit blyk uit ‘n onlangse verslag deur die maatskappy McKinsey.

Laubscher meen dié verwagte veranderings in verbruikersgedrag is veral belangrik, omdat maatskappye dit moet verreken in nuwe strategieë.

Hy lig vyf sogenaamde kapstokke uit wat in dié verslag voorkom vir oorweging by 'n strategie-ontwikkeling. 

Dit behels dat daar deeglik kennis geneem moet word van groter pryssensitiwiteit by verbruikers.  Die ekonomie druk en beursies is plat, maar verbruikers het ook bewys dat hulle toenemend beter voorbereid wil wees vir die onbekende deur ‘n vorm van 'n "Josefsbeleid." Daar moet geld beskikbaar wees vir die onvoorsiene. 

Aanvanklik was die voorsiening net ten opsigte van kos met bewyse daarvan in die aankooppatrone. Spense is, waar moontlik, gevul met nie-bederfbare kos en daar is begin met veranderings van aankoopkanale. Namate die inperkingsmaatreëls opgehef is, het die vraag na vars produkte skerp gestyg, maar met ‘n noemenswaardige groter klem op higiëne. Aanlynaankope van kruideniersware in terme van die fasilitering het gestalte gekry, maar verbruikers se aanlynaankope was hoofsaaklik beperk tot nie-kruideniersware. Verskaffers moes roer om hul sake in orde te kry.

Nog 'n sogenaamde kapstok is die digitale gereedheid van die verbruiker én verskaffer, want daar was ‘n beduidende toename in digitale handel, ook wat bederfbare produkte aanbetref. Aflewering van aanlynaankope van vars groente en vrugte groei nou vinnig. Die tendens was wel sigbaar in gegoede lande, maar binne die Suid-Afrikaanse konteks kom daar nie genoeg daarvan nie. ‘n Té groot gedeelte van die bevolking het gewoon nie toegang tot geriewe van dié aard nie, sê hy.


OFM-nuus





Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.