On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   07:24 Fri, 09 Oct 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) beskikbaar gestel.


Mielies:

Die weeklikse Amerikaanse mielie-uitvoerverkope het ongeveer 1.23 miljoen ton bereik. Dit was laer as die vorige week se uitvoerverkope, maar steeds nader aan die bopunt van die weeklikse handelsverwagtinge.

Die weeklikse Amerikaanse mielie-uitvoerverskepings was effens laer en het ongeveer 935 000 ton bereik. China was die grootste ontvanger van Amerikaanse mielies vir die week.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Oktober 2020 R12/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 500/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Oktober 2020 R8/ton hoër verhandel om teen R3 395/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die weeklikse Amerikaanse sojaboon-uitvoerverkope het ongeveer 2.59 miljoen ton bereik. Dit was hoër as die weeklikse handelsverwagtinge in die mark.

Die weeklikse Amerikaanse sojaboon-uitvoerverskepings was ook goed en het ongeveer 2 miljoen ton bereik. China was die grootste ontvanger van Amerikaanse sojabone vir die week.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Oktober 2020, R34/ton laer verhandel vir die dag om teen R8 200/ton te sluit.

 

Koring:

Die weeklikse Amerikaanse koring-uitvoerverkope het ongeveer 570 000 ton bereik. Dit sluit ou én nuwe seisoen uitvoerverkope in.

Die weeklikse Amerikaanse koring-uitvoerverskepings was gunstig en het ongeveer 700 000 ton bereik. Dit was 17% meer as die vorige 4 weke se gemiddelde uitvoerverskepings.

Die plaaslike koringmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R46/ton hoër verhandel om teen R4 933/ton te sluit.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.