Agri Hour
Hoër aanvraag deur China na SA wol, is goeie nuus─── CHRISTAL-LIZE MULLER 07:35 Fri, 09 Oct 2020
Heinrich Victor, bestuurder spesiale dienste van vesel by OVK praat nou oor die nasionale wolveiling, wat vandeesweek in Port Elizabeth in die Oos-Kaap plaasgevind het.
Dié verslag word moontlik gemaak deur OVK. Besoek OVK se webtuiste by ovk.co.za vir meer inligting oor alle omvattende dienste vir die boer. OVK - saam bereik ons meer. Hier is Victor...
Sien PODCAST aan die einde van die blad
Die agtste nasional wolveiling van die 2020/21 seisoen het vandeesweek in Port Elizabeth 'n styging getoon. Die Cape Wools merino-aanwyser het met 2,4% teenoor die vorige veiling gestyg en teen 'n skoonprys van R134,77 per kg gesluit. Die Australiese mark het met 2,6% versterk teenoor die vorige veiling. Die Rand het 1,7% sterker verhandel teen die Amerikaanse Dollar en het 1,4% versterk teenoor die Euro. Die grootste styging van 3,7% was in die 19,5 mikron segment. Standard Wool SA het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur G.Modiano SA, Stucken & Co en Lempriere SA.
Hy sê daar is altesaam 5 919 bale aangebied, waarvan 93,1% verkoop is. Op die OVK-veiling is 1 984 bale aangebied waarvan 92,3% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK-veiling, van R152.10/kg, is behaal vir ‘n eenbaal lot (BFH) van 16,5 mikron, uit die skeersel van Omega Farming, in Burgersdorp. Die koper was Stucken & Co.
Victor sê die styging vandeesweek kan toegeskryf word aan die versterking van die Australiese mark en die hoër aanvraag vanuit China vir beter merinowol, wat tot 'n hoogs kompeterende mark gelei het. Dit was ondanks die Rand wat teen die vernaamste geldeenhede versterk het. Die vooruitsig op die kort- tot mediumtermyn, is dat die vraag uit China kan toeneem, vanweë stimulasie in die ekonomie ná die Covid-19 pandemie. Dit is goeie nuus.
Wol ontvang in die makelaars se pakhuise vandeesweek, was 6,0% laer as die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen. Volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie gehalte merinowol, het weer eens goeie aandag geniet op die veiling en tot gesonde kompetisie tussen kopers gelei.
Die volgende nasionale wolveiling is is op 14 Oktober, waar sowat 7 545 bale aangebied sal word.
OFM-nuus
