Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 08:03 Wed, 14 Oct 2020
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Amerikaanse mielietermynkontrakte het Dinsdag toegeneem toe die afname in die oesbare area by handelaars ingesink het.
Die mielie-invoer van die Europese Unie (EU) vir 2020/21 is 18% laer as 'n jaar gelede, met 4,699 miljoen ton tot 11 Oktober, per doeanegegewens van die Europese Kommissie.
Die plaaslike mieliemark het Dinsdag meestal onder druk gekom en het swakker verhandel oor alle wit- en geelmielie-kontrakmaande wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Oktober 2020 R11/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 500/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Oktober 2020 R39/ton laer verhandel om teen R3 381/ton te sluit.
Sojabone:
Nadat die soja-termynkontrakte vir November in die Verenigde State van Amerika (VSA) met 3% gedaal het in Maandag se sessie, het dit Dinsdagoggend herstel as gevolg van die wêreldvoorraad wat verminder is en die sentiment vir die verlaagde opbrengspotensiaal.
Die invoer van canola in die Europese Unie (EU) is 20% laer jaar-op-jaar, met die EU-invoer van sojameel 15% laer.
Die plaaslike sojaboonmark het Dinsdag die wind van voor beleef en het swakker verhandel oor alle kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Oktober 2020, R91/ton laer verhandel vir die dag om teen R8 227/ton te sluit.
Koring:
Droë weervoorspellings in die VSA het die koringprys Dinsdagoggend hoër laat styg, aangesien die vooruitsigte vir laer opbrengste van die Europese Unie ook hoër pryse gesteun het, en die winste is beperk deur 'n sterker dollar, met die ICE-dollar indeks 0.14% op vanoggend.
Die uitvoer van sagte koring in die EU vir die bemarkingsjaar 2020/21 het met 29% afgeneem in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar, en dit was 5,728 miljoen ton tot en met 11 Oktober. Die uitvoer van gars het in dieselfde tydperk met 7% afgeneem.
Die plaaslike koringmark het Dinsdag meestal sywaarts beweeg vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R3/ton hoër verhandel om teen R4 949/ton te sluit.
OFM-nuus
