On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Huldeblyke stroom in vir Afasa-president

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:08 Wed, 14 Oct 2020

Huldeblyke stroom in vir Afasa-president | News Article
FOTO: Vuyo Mathlati (Afasa) saam met Sisi Ntombela, premier van die Vrystaat.

Huldeblyke stroom in vir dr. Vuyo Mahlati, president van die African Farmers Association of South Africa, wat Dinsdag dood is.


Mahlati was ook die voorsitter van die presidensiële advieskomitee oor grondhervorming. Die oorsaak van haar dood is in dié stadium onbekend.  

Die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, sê Mahlati se stem in die stryd van ekonomiese bemagtiging van vroue en die kommersialisering van swart boere is nie meer daar nie. Sy sê Mahlati sal onthou word daarvoor dat sy baie lewens aangeraak het met haar glimlag en energie.  Volgens Didiza het Mahlati Afasa goed gelei om die regering te betrek oor aangeleenthede wat die Suid-Afrikaanse landboubedryf en veral swart boere raak.  

Pierre Vercueil, Agri SA se president, sê dié organisasie betuig sy meegevoel met die Mahlati-gesin en die breër landbougemeenskap. Almal wat saam met Mahlati gewerk het, kan getuig van die waarde wat sy vir die bedryf ontsluit het.  

Agri SA se uitvoerende direkteur, Christo van der Rheede, sê Mahlati was 'n pionier wat boere se belange sentraal tot landbou-ontwikkeling gestel het.  


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.