On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:28 Thu, 15 Oct 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Amerikaanse mielietermynkontrakte het Woensdagoggend gedaal nadat die oesvorderingsverslag van die vorige dag vinniger as die verwagte oestempo was. Chinese mielietermynkontrakte het oornag 'n nuwe rekordhoogte aangeteken, aangesien staatsreserwes steeds krimp en produksievooruitsigte daal op opbrengsverlagings weens tifoonbeskadiging in China se noordoostelike mieliegordel vroeër vanjaar.

Met feitlik al die mielie-oeste in 2020 wat volwasse is, toon die vordering van die mielie-oes 'n toename in die Verenigde State van Amerika (VSA). In die oesvorderingsverslag van Woensdag, is bevind dat 94% van die mielies volwasse is, met 7% hoër as die vorige week en dit is baie hoër as die vyfjaargemiddeld van 87%. Vanaf 11 Oktober is 41% van die land se mielie-oes geoes.

Die plaaslike mieliemark het Woensdag meestal ondersteuning gevind en sterker verhandel oor alle wit- en geelmielie-kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Oktober 2020 R37/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 535/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Oktober 2020 R20/ton hoër verhandel om teen R3 400/ton te sluit.


 Sojabone:

Droë weer in Brasilië en 'n werkersstaking by soja-pers aanlegte in Argentinië het sojaboonpryse Woensdagoggend in die VSA verhoog.

Reën wat die naweek in Brasilië voorspel is, het nie 'n noemenswaardige ophoping veroorsaak nie, want Brasiliaanse boere wag steeds op meer vog om voort te gaan met die aanplant van sojabone van 2020/21. Die plantvooruitgang vanaf 9 Oktober in Mato Grosso, die land se grootste landboustaat, was slegs 3,02% van die beoogde sojabone wat geplant is, teenoor 18,78% 'n jaar gelede en aansienlik laer as die historiese gemiddelde van 16,6%.

Die plaaslike sojaboonmark het Woensdag die wind van agter gekry en het sterker verhandel oor meeste kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Oktober 2020, R4/ton laer verhandel vir die dag om teen R8 220/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringpryse het Woensdagoggend voortgegaan om laer te verhandel.

Vinniger as verwagte plantvordering en hoër opkomsyfers in die Crop Progress-verslag van gister het markte verras. Verhoogde uitvoervoorspellings vanaf Frankryk het Woensdagoggend ook laer druk geplaas op Amerikaanse koringtermynkontrakte.

Die plaaslike koringmark het Dinsdag meestal sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020 onveranderd gebly om teen R4 949/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.