On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:33 Thu, 15 Oct 2020

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag, praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher.


Sien PODCAST aan die einde van die blad


Hy praat oor die uitdagings wat verband hou met digitale transformasie en meen Covid-19 het die graad van “veroudering” van stelsels onteenseglik uitgelig in die sin van gebrekkige en selfs afwesige buigsaamheid. Volgens die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) is daar gevolglik ‘n beduidende toename in sogenaamde digitale ekostelsels, soos Facebook. 

Laubscher meen vanuit ‘n korporatiewe beheer oogpunt, is die beweerde monopolisering van die mark vir sosiale platforms soos Facebook, onder beleg. Apple-tegnologie staar dieselfde regs-skrutinering in die gesig met hofgedinge teen Facebook én Apple in die Verenigde State van Amerika (VSA). Die twee entiteite is na bewering so groot dat dit die mark manipuleer en toeganklikheid blokkeer. Desnieteenstaande voorspel kenners dat sulke opkomende ekostelsels - gemodelleer volgens die Facebook- en Airbnb-protokolle - teen 2025 tot 30% van die geraamde $60 triljoen korporatiewe inkomste kan genereer. Ontwrigtende tegnologie, veranderde verbruikspatrone en aspekte soos dreigende klimaat-krisisse sal nie net noodsaaklike transformasie afdwing nie, maar beslis ook die spoed waarteen veranderings moet plaasvind dikteer, aldus die WEF. 

Na raming kan toegang tot 5G-netwerke tot soveel as $600 biljoen nuwe besigheid teen 2026 genereer en dié enorme verwagte groei sal die gevolg wees van druk en trek. Druk van die kant van sakeleiers om hulle besighede nie net vinnig aan te pas by veranderde omstandighede nie, maar ook ‘n trek effek vanaf verbruikers. Hy sê dit kan selfs die pas aangee as ‘n kollektief en wel tot die mate wat hulle verwag dat tegnologie meer persoonlik van aard moet wees, gerieflik en onmiddellik ter hand moet wees. Daarbenewens sal verbruikers nuwe handelsmerke wil beproef en handelsmerk-lojaliteit sal na verwagting kwyn. Die nuwe verbruiker sal van maatskappye wie hulle ondersteun, verwag om ‘n groter bydrae tot die gemeenskappe wat hulle ondersteun te lewer. Die etiese waarde van maatskappye sal op ‘n lys van vereistes afgemerk wil word. Naspeurbaarheid en verwante omgewing en sosiale kwessies sal verreken moet word. Nie-voldoening sal daartoe lei dat verbruikkers verbyhou. Aansprake op geskiedkundige lojaliteit is uit en besighede wat wil en moet kompeteer om die verbruiker se beursie, gaan geen ander keuse hê as om “digitaal eerste” op te tree nie.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.