Agri Hour
Veilingspryse: Mark neem af in alle veeklasse─── CHRISTAL-LIZE MULLER 08:40 Thu, 15 Oct 2020
'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe.
Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen ...
Sien PODCAST aan die einde van die bladsy
Hy sê dit is goed dat groot gedeeltes van die land reën gekry het, veral ten opsigte van veldbrande en weidingstoestande vir diere. Die veemark het 'n afname getoon in alle veeklasse. Daar moet onthou word dat speenkalwers wat nou aan voerkrale gelewer word, eers in Januarie gereed kan wees wanneer hulle in die Januarie-mark beskikbaar is. Dit is wanneer die prys effe laer is as in die Desember-mark. Daarmee saam moet dit in ag geneem word dat die beste handelsmark vir skape aan die einde van November is en produsente moet hulself gereed kry daarvoor. Die skaapmark is ietwat meer onder druk as die res van die mark.
Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R40,70 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R37,80 en speenkalwers oor 250kg het teen R36,10 per kg verkoop.
Ander veilingspryse vir beeste:
| A-klas beeste | R26,12 per kg |
| B-klas beeste | R23,00 per kg |
| C-klas vet koeie | R22,22 per kg |
| Maer koeie | R17/R19 per kg |
| Slagbulle | R22,00 per kg |
| Skape | |
| Stoorlammers | R45,17 per kg |
| Slaglammers | R38,13 per kg |
| Stoorskape | R30,51 per kg |
| Vetskape | R29,12 per kg |
| Bokke | |
| Lammers | R50,04 per kg |
| Ooie | R35,17 per kg |
OFM-nuus
