Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 09:14 Fri, 16 Oct 2020
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse markte was oornag stil, alhoewel sterk oestempo's en laer energiepryse weens verhoogde onsekerheid rondom stygende gevalle van koronavirus die mielieprys Donderdag onderdruk het.
In die verslag van verlede week het etanolproduksie byna 5% gestyg van die vorige week se 15-week laagtepunt tot 146,87 miljoen liter/dag se produksie vir die week wat geëindig het op 2 Oktober. Die vraag na petrol het gedurende die verslagdoeningsweek met meer as 4% gespring.
Die plaaslike mieliemark het Donderdag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel oor alle wit- en geelmielie kontrakmaande wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Oktober 2020 R91/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 623/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Oktober 2020 R69/ton hoër verhandel om teen R3 470/ton te sluit.
Sojabone:
Amerikaanse sojabone het oornag swakker verhandel, aangesien toenemende gevalle van koronavirus regoor die wêreld die onsekerheid rondom die ekonomiese vooruitsigte vir die herstel van die pandemie verhoog het.
Dit is die reënseisoen in belangrike sojaboon-groeistreke in die Brasiliaanse Sentrale-Weste. Maar die reën was stadig om aan te kom en skaars as dit reën. Dit het veroorsaak dat Mato Grosso al 15% agter die historiese plantgemiddeldes is, want boere wag op reën.
Die plaaslike sojaboonmark het Donderdag die wind van agter gekry en het sterker verhandel oor meeste kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Oktober 2020, sywaarts beweeg om die dag se verhandelinge teen R8 223/ton te sluit.
Koring:
Amerikaanse pryse vir koring het Donderdagoggend hoër gestyg op droë weer in die VSA, Europa en Suid-Amerika. Stadige verkope van graan in Rusland het ook Donderdagoggend die stygende pryse ondersteun.
Nadat Argentinië verlede week 'n nuwe verskeidenheid geneties gemodifiseerde, droogtebestande koring kultivars goedgekeur het wat glufosinaat verdra, het Brasiliaanse meulenaars 'n voet teenoor die produk neergesit.
Die plaaslike koringmark het Donderdag meestal sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R22/ton hoër verhandel om die dag teen R4 970/ton te sluit.
OFM-nuus
