On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   07:53 Tue, 20 Oct 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Desember se Amerikaanse mielietermynkontrakte het Maandagoggend gestyg as gevolg van reën- en sneeu-vertragings te midde van die oesseisoen sowel as sterk uitvoervooruitsigte.

Vanaf 11 Oktober was die Amerikaanse mielie-oes 41% voltooi. Verlede Sondag was die oes 11% verder gevorder as die vyfjaargemiddelde.

Die plaaslike mieliemark het Maandag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel oor sommige wit- en geelmielie-kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Oktober 2020 R32/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 762/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Oktober 2020 R7/ton hoër verhandel om teen R3 569/ton te sluit.

 

Sojabone:

Sterk ekonomiese herstel in China het Maandagoggend prysondersteuning aan sojabone in die Verenigde State van Amerika ( VSA) verleen.

Droë planttoestande duur in Brasilië voort. Onlangse buie het min gedoen om die grondvogvlakke in die Suid-Amerikaanse land aan te vul.

Die plaaslike sojaboonmark het Maandag onder druk gekom en het  swakker verhandel oor meeste kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Oktober 2020, R20/ton laer verhandel vir die dag om teen R8 335/ton te sluit.

 

Koring:

Koringtermynkontrakte in die VSA het Maandagoggend gestyg, aangesien droë weer regoor die wêreld die opbrengsvooruitsigte in belangrike koringproduksie-areas verminder het.

Reën die afgelope naweek in Rusland het die groeitoestande aangehelp, maar dit was waarskynlik nie genoeg om die opbrengsvooruitsigte op die oomblik te verbeter nie.

Die plaaslike koringmark het Maandag meestal sterker verhandel vir die dag oor al die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020 R44/ton hoër beweeg, om teen R5 043/ton te sluit.

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.