On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Goeie reën wag in November vir Suid-Afrika

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:16 Tue, 20 Oct 2020

Goeie reën wag in November vir Suid-Afrika | News Article

Die seisoenale voorspelling vir reën in somergraan-produksiegebiede in die land sien goed daarna uit.


Johan Malherbe , senior navorser by die Landbou Navorsingsraad (LNR), sê dit is vanweë die La Niña-verskynsel wat in die Stille Oseaan ontwikkel. Malherbe, wat ook nou saamwerk met  die landbouversekeringsmaatskappy, Agri Seker, sê  in die onmiddellike toekoms is die vooruitsigte vir reën egter minder gunstig, maar die situasie kan in November verbeter. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat... 


Sien PODCAST onderaan die blad


Hy sê in die eerste gedeelte van die vroeë somer, wat die einde van September en die eerste paar dae van Oktober insluit, het dit goed gereën in die noordoostelike gedeelte van die land. Groot gedeeltes van Mpumalanga het toé meer as 40mm reën gehad en daar is gedeeltes in dié somergraanproduksiegebiede waar daar met aanplantings begin is.  Die noordelike en noordoostelike gedeeltes van Noordwes  en Gauteng het ook sowat 25mm en selfs meer reën  gehad. 

Malherbe meen dié reën het op 'n goeie tyd gekom, veral ten opsigte van reënval in vorige seisoene, wat nie so vroeg voorgekom het nie. Gebiede waar daar witmielies aangeplant is, het egter nog nie reën gehad aan die einde van September of vroeg in die begin van Oktober nie. Dié gebiede het voor dit bietjie reën gehad, maar dit is nou weer redelik droog, sê hy. Daarmee saam meen hy dit is egter nie ongewoon vir dié tyd van die jaar nie, want dié gebiede kry dan gewoonlik nog nie baie reën nie.  

In terme van die seisoenale voorspelling is daar positiewe nuus vir Suid-Afrika vanweë die La Niña-verskynsel in die Stille Oseaan. Hy meen statisties-gesproke het die land met die voorkoms van dié verskynsel 'n goeie kans op reënval, wat positief daarna uitsien in die komende maande.  Daarmee saam kan dié positiewe toestande in die vroeë sowel as die laat-somer voorkom, maar op die korter tot medium termyn is die meeste reën vir eers verby in die noord-oostelike en die suidelike  gedeelte van die land. Dit is nie nou goeie nuus nie, maar die kans op reënval verbeter in November, sê hy.

Daarmee saam is die optimale plantvenster in die oostelike somergraangewas-produksie gebiede gewoonlik vroeër as in die westelike produksiegebiede en die reën wat in die oostelike gedeeltes voorgekom het, is nou meer waardevol vir produsente in terme van aanplantings. 


OFM-nuus


















Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.