On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   06:40 Wed, 21 Oct 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies

Die weeklikse mielie-produksietoestande in die VSA word op 61% goed tot uitstekend geskat, wat onveranderd is vanaf die vorige week se skatting van 61% goed tot uitstekend.

Die Amerikaanse departement van landbou (USDA) se verslag oor produksietoestande dui ook aan dat 60% van die Amerikaanse mielies reeds gestroop is. Dit is beter as die 5-jaar gemiddelde tempo van 43% voltooi teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit én geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R49/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 763/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R59/ton hoër verhandel om teen R3 657/ton te sluit.


Sojabone

Die meeste van die sojabone in die Verenigde State van Amerika (VSA) is reeds ryp en die stroopproses vorder goed.

Die USDA se produksietoestande verslag dui aan dat 75% van die Amerikaanse sojabone reeds gestroop is. Dit is beter as die 5-jaar gemiddelde tempo van 58% voltooi teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2020, R84/ton hoër verhandel vir die dag om teen R8 405/ton te sluit.


Koring

Volgens die weeklikse produksievorderingsverslag, is 77% van die Amerikaanse winterkoring vir die seisoen reeds aangeplant. Dit is 5% meer as die 5-jaar gemiddelde tempo teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die winterkoring wat reeds ontkiem het, word op 51% geskat wat beter is as die 5-jaar gemiddelde tempo van 48% ontkiem teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike koringmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R82/ton hoër verhandel om teen R5 125/ton te sluit.


OFM-nuus

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.