On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Cape Wools SA: Meer as 90% van wol verkoop tydens wolveiling

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 23 Oct 2020

Cape Wools SA: Meer as 90% van wol verkoop tydens wolveiling | News Article

Soos oudergewoonte op 'n Vrydag, verskaf ons die weeklikse nasionale wolmarkverslag, wat deur Cape Wools SA aan OFM-nuus beskikbaar gestel word.


Die tiende wolveiling van die 2020/21-seisoen, wat vandeesweek plaasgevind het, het met 'n aanbod van 7 011 bale afgeskop.

Luidens Cape Wools SA se wolmarkverslag is die aanbiedinge verminder vanaf die oorspronklike aanbod van 8015 bale, met 'n verkoopspersentasie van 91,5%. Van die verkoopte wol was 26% volhoubare geproduseerde wol (RWS).

Die wolmark het met 1,7% toegeneem en op R148,82 per kilogram gesluit terwyl die Australiese wolmark Dinsdag met 11% toegeneem het. Die Australiese mark het egter weer Woensdag gedaal om 9,1% vir die week te styg. Die wolmarkverslag het verder aangedui dat dié afname kopers tot versigtigheid gemaan het. Verder het die Rand deur die loop van die dag versterk en 0,8% sterker teenoor die Amerikaanse Dollar gesluit.

Daar was goeie mededinging vir gehalte fynmerinowol, terwyl die sterker wol die mark afgetrek het.

Die grootste kopers op die veiling was Modiano SA met 2 012 bale, Standard Wool SA met 1 335 bale, Tianyu SA met 955 bale en Lempriere SA met 821 bale.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5), was soos volg: 18,0 mikron het met 2,9% gestyg en teen R185,81 per kg gesluit. Die 18,5 mikron tipe het met 1,6% toegeneem en het teen R172,76 per kg gesluit terwyl die 19 mikron tipe verhoog het met 0,9% en het teen R161,63 per kg gesluit. Die 19,5 mikron tipe het met 2,0 versterk en het teen R151,77 per kg gesluit terwyl die 20 mikron tipe met 1,1% toegeneem het en op R144,92 per kg gesluit het. Die volgende veiling is geskeduleer vir 28 Oktober 2020 waar ongeveer 10 052 bale aangebied sal word.

Vir meer gemiddelde skoonwolpryse vir seleksie in die verskillende mikronkategorieë, besoek www.ofm.co.za, kliek op Agriculture, News en Agri-Hour.

20,5 mikron is 1,1% sterker en sluit op R138,97/kg; 21,0 mikron styg met 0,8% en sluit op R137,65/kg; 21,5 mikron het met 1,7% toegeneem en sluit op R136,32/kg; 22 mikron styg 0,1% en sluit op R135,30/kg en 22,5 mikron is 0,7% swakker en sluit op R138,62/kg.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.