On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Onsekerheid heers oor groot volumes wol in SA, Australië

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 23 Oct 2020

Onsekerheid heers oor groot volumes wol in SA, Australië | News Article
Image: The Independent

Daar heers tans redelike onsekerheid oor die groot volumes wol wat aangebied gaan word in Suid-Afrika sowel as Australië, in die afsienbare toekoms.


Heinrich Victor, bestuurder van spesiale dienste by OVK, sê die merkbare verskil in die twee markte se vertonings vandeesweek tydens die 10de wolveiling van die 2020/21-wolseisoen, is 'n bewys hiervan. 

Hier is Victor...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê wol wat ontvang is in makelaars se store vandeesweek, is 2.9% laer in vergelyking met die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen. Luidens Victor het volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol weer eens goeie aandag geniet op die veiling en gesorg vir gesonde kompetisie tussen kopers. Hy sê produsente kan gerus kennis neem hiervan en ook aanvaar dat dit 'n toekomsneiging is wat gekom het om te bly. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses. Victor sê verder dat die volgende wolveiling geskeduleer is vir 28 Oktober, waar sowat 10 052 bale wol aangebied sal word.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.