On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Hier is van jou hoof landboustories op OFM

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Fri, 23 Oct 2020

Hier is van jou hoof landboustories op OFM  | News Article
Image: Supplied

Ons kyk nou na jou week in die landboubedryf. OFM-nuus se Elsabé Richard lig nou die hoofstories op OFM vandeesweek uit...


Sien onderstaande PODCAST


Sowat 100 000 hektaar veld is al na raming in die Hertzogville-, Boshof-, en Hoopstad-gebied in die Vrystaat deur wegholbrande verwoes. Dit kom nadat 'n brand Sondag na bewering in Hertzogville uitgebreek het toe inwoners van 'n plaaslike woonbuurt glo oor waterkwessies betoog het. Met bloedige warm toestande en sterk wind het die vlamme vinnig in die veld versprei. Daar was baie vlambare materiaal na goeie reën vanjaar en daarom het die grasveld vinnig en wyd gebrand. Verskeie brande het toe in die Hertzogville-, Dealesville-, en Boshof-distrikte uitgebreek, maar is in dié stadium onder beheer. Dit het ook in die rigting van Hoopstad en Bultfontein gebrand. Gys Olivier, voorsitter van Agri Hertzogville, sê die omvang van die skade is enorm en daar is boere wat al hul natuurlike veld in die brande verloor het. Olivier sê hulle is nou in die proses om opnames te doen om vas te stel wat die verlies is wat deur boere gely is. Olivier sê 'n brand in die rigting van Kimberley en Warrenton, wat in die rigting van Boshof versprei het, het Dinsdagoggend weer opgevlam. Hy sê boere wat al hul weiveld verloor het en van hul vee kon red, het nou dringend veevoer nodig. Geld word ook benodig sodat veevoerskenings na dié gebied vervoer kan word. Olivier sê Tewie Nel wat saam met sy pa dr. Gerhard Nel, 'n kranige boer in die distrik, Maandag brande bestry het, is ernstig beseer en het 40% brandwonde opgedoen.

Intussen is 'n stoetteler van die Hertzogville-distrik in die Vrystaat, wat groot verlies gely het weens wegholveldbrande in dié gebied, steeds dankbaar dat hy van sy diere betyds kon red. Johan du Plessis sê sy stoetkudde bestaan uit Brangus en Wagyu-beeste. Dit is waardevolle diere en hy is dankbaar oor die diere wat hy kon red al het 'n klomp van sy stoetbulle in die slag gebly. Du Plessis het 30 stoetdiere verloor, waaronder vroulike diere ook. Hy het ook al sy weiding verloor.

EN

Die seisoenale voorspelling vir reën in somergraan-produksiegebiede in die land sien goed daarna uit. Johan Malherbe, senior navorser by die Landbou Navorsingsraad (LNR), sê dit is weens die La Niña-verskynsel wat in die Stille Oseaan ontwikkel. Malherbe, wat ook nou saamwerk met die landbouversekeringsmaatskappy, Agri Seker, sê in die onmiddellike toekoms is die vooruitsigte vir reën egter minder gunstig, maar die situasie kan in November verbeter. Hy sê hoewel die westelike produksiegebiede van die land nog nie goeie reën gehad het nie, is die optimale plantvenster in die oostelike somergraangewas-produksiegebiede vroeër as in die westelike gedeeltes en onlangse goeie reën in die oostelike gedeeltes, soos in Mpumalanga en dele van Gauteng, is dit nou meer waardevol vir produsente in terme van aanplantings.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.