On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 26 Oct 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag vir die 8ste dag in die laaste nege dae ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag. 

Private uitvoerders het Vrydag ongeveer 990 000 ton se mielie uitvoerverkope aan die Amerikaanse Departement van Landbou gerapporteer. Dit is vir lewering gedurende die 2020/21-seisoen wat in September 2020 begin het.

Die plaaslike mieliemark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R44/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 740/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R36/ton hoër verhandel om teen R3 651/ton te sluit.
 
Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag gemeng verhandel, maar het teen die einde van die verhandelingsessie ondersteuning gevind om sterker af te sluit vir die dag.

Suid-Korea het Vrydag 117 000 ton se sojaboonmeel vanaf Suid-Amerika aangekoop. Dit is vir lewering in April 2021.

Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2020, R71/ton hoër verhandel vir die dag om teen R8 431/ton te sluit.
 
Koring:

Die Amerikaanse koringmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag met bekommernisse van droë toestande in die VSA, Rusland en Suid-Amerika.

China se koring-invoer vir die eerste nege maande van 2020 is 168% meer as die vorige seisoen se invoer teen dieselfde tyd van die jaar.

Die plaaslike koringmark het Vrydag meestal onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R13/ton laer verhandel om teen R5 093/ton te sluit.


OFM News
 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.