On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Moontlikheid van nog veldbrande bestaan

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Tue, 27 Oct 2020

Moontlikheid van nog veldbrande bestaan | News Article
Image: Supplied

Die faktore wat die moontlikheid van brande in Sentraal Suid-Afrika bepaal, lyk hierdie week nie goed nie.


Dit is volgens Johan Breytenbach van die Vrystaatse Sambreel-brandbeskermingsvereniging. 

Hy sê alhoewel sekere dele in die streek reën gekry het, kan brande steeds ontstaan weens baie warm toestande. Hier is Breytenbach…


Sien onderstaande PODCAST


Breytenbach verduidelik dat droë donderstorms oor groot dele van die streek beweeg en sê dat daar reeds verskeie brande, wat deur weerlig veroorsaak is, die afgelope paar dae ontstaan het. Hy voeg by dat daar verwag word dat hierdie toestande sal vererger gedurende die week weens droë weerstoestande wat kan voortduur.

Hy waarsku dat dit tans brandseisoen is en dat die sentraal-, wes- en die suidelike gedeeltes van die Vrystaat oor die algemeen ‘n baie hoë brandgevaar is.

Breytenbach doen egter ‘n beroep op inwoners om versigtig te wees tydens brande want ernstige beserings kan ontstaan. “Veiligheid is baie belangrik en dit sal tragies wees as mense geroep word om te help met die brande en dan daag hulle by die omgewing op en… hulle kry seer,” sê hy.

Hy sê verder inwoners moet kalm bly gedurende veldbrande om brandbestryders wat opgelei en toegerus is, in staat te stel om die brande te blus.

Dit, nadat daar onlangs sowat 100 000 hektaar veld deur wegholveldbrande in die Hertzogville-, Boshof-, en Hoopstad-gebied in die Vrystaat verwoes is. 



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.