On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Organisasie druk besig om hulp te verleen ná onlangse veldbrande

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Tue, 27 Oct 2020

Organisasie druk besig om hulp te verleen ná onlangse veldbrande | News Article

Die president van Agri Noord-Kaap, Nicol Jansen, sê sowat 30 000 hektaar veld is in die Noord-Kaap verwoes weens onlangse wegholveldbrande in die provinsie.


Hy sê die organisasie is tans besig om hulp te verleen aan boere, nie net in die Noord-Kaap nie, maar in die Vrystaat ook. 

OFM-nuus se Elsabé Richard het met Jansen gesels oor hierdie skenkings, sowel as die voortslepende droogte wat die Noord-Kaap steeds in die gesig staar.


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê hulle is dankbaar dat die organisasie, wat geleë is in 'n droogterampgebied - ondanks sy eie uitdagings -finansiële hulp kan bied aan boere wat hulp nodig het weens dié veldbrande. Jansen voeg by Agri Noord-Kaap het ook skenkings gemaak aan die Vrystaat waar sowat 100 000 hektaar veld verwoes is. "Huidiglik is ons in die proses om veevoer te versprei. Ons het oor die naweek die eerste vragmotors geland wat by 'n wildsplaas in 'n sentrale gebied van Warrenton in die rigting van Boshof as verspreidingsdepo dien," verduidelik Jansen.

Die organisasie werk saam met die brandbestrydngsvereniging van die betrokke gebied sodat almal wat deur die veldbrande geraak word, veevoer kan ontvang. 

Jansen voeg verder by dat Agri Noord-Kaap ook humanitêre hulp verleen, met die hulp van 'n  hospitaal wat belangstel om te help, deur medisyne te verskaf aan diegene wat dit nodig het.

Hy bedank almal wat bydra om boere wat deur die veldbrande skade gelei het te help. "Dit is regtig vir my 'n riem onder die hart om te sien hoe civil society bydraes lewer aan boere in hierdie brandgebiede, en dan oor 'n baie lang termyn die droogterampgebiede bystaan en ondersteun, sodat ons hierdie gemeenskappe ekonomies aan die gang kan hou."

Wat die droogtesituasie in die Noord-Kaap betref, sê Jansen het die provinsie nog geen verligting ervaar sedert die begin van vanjaar se winter nie. Hy sê egter die winterreënvalgebied het wel reën ontvang gedurende die winter, maar het ondergemiddelde reënval gerapporteer, en dus is 50% van die provinsie steeds in 'n rampdroogtegebied gehul. 

Hy sê hulp van die nasionale regering is in hierdie stadium beperk. 

Jansen verduidelik dat die organisasie al van Februarie vanjaar sukkel om  R35,8 miljoen wat aan die provinsie toegewys is op plaaslike vlak, te kry en sodoende die geld te versprei. Hy sê die aansoekproses is afgehandel. Ten spyte daarvan, ontvang die organisasie wel ondersteuning van die provinsiale Departement van Landbou. 

Hy sê die organisasie gaan onverpoosd voort om aksies van stapel te stuur om skenkings te kry om die droogterampgebiede te help met hulp vanuit die private sektor.




OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.