On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 27 Oct 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Image: Photoxpress

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:
 
Die stroopproses in die VSA vorder goed en volgens die nuutste verslag vanaf die Amerikaanse Departement van Landbou is 72% van die mielies in die VSA reeds gestroop.

Die 72% mielies wat reeds gestroop is, is beter as die 5-jaar gemiddelde tempo van 56% voltooi teen dieselfde tyd van die seisoen. Die vorige seisoen was 38% van die mielies gestroop teen dieselfde tyd van die jaar.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R40/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 780/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R27/ton hoër verhandel om teen R3 678/ton te sluit.


 
Sojabone:

Die stroopproses in die VSA vorder goed en volgens die nuutste verslag vanaf die Amerikaanse Departement van Landbou is 83% van die sojabone in die VSA reeds gestroop.

Die 83% sojabone wat reeds gestroop is, is beter as die 5 jaar gemiddelde tempo van 73% voltooi teen dieselfde tyd van die seisoen. Die vorige seisoen was 57% van die sojabone gestroop teen dieselfde tyd van die jaar.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2020, R109/ton hoër verhandel vir die dag om teen R8 540/ton te sluit.
 
Koring:

Volgens die weeklikse produksievorderingsverslag is 85% van die Amerikaanse winterkoring vir die seisoen reeds aangeplant. Dit is 5% meer as die 5-jaar gemiddelde tempo teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die winterkoring wat reeds ontkiem het, word op 62% geskat, wat beter is as die 5-jaar gemiddelde tempo van 60% ontkiem teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike koringmark het gister meestal ondersteuning gevind en sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R4/ton hoër verhandel om teen R5 097/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.