On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Organisasie dankbaar vir skenkings ná brande

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 28 Oct 2020

Organisasie dankbaar vir skenkings ná brande | News Article

Die organisasie Vrystaat Landbou (VL) sê hy is dankbaar vir almal wat skenkings gedoen het om boere te help wat as gevolg van die onlangse wegholbrande in die provinsie skade gelei het.


Die bedryfsbestuurder van VL, Jack Armour, sê die organisasie het talle oproepe ontvang van mense wat geldelike skenkings wil doen. OFM-nuus het met hom gesels oor hierdie skenkings. 

Hier is Armour…


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê 100% van die fondse wat die organisasie ontvang, word gebruik om boere te help. Armour voeg by hierdie skenkings stel die organisasie in staat om diesel te bekom om sodoende veevoer na geaffekteerde boere te kan vervoer. 

Hy verduidelik dat boere wat deur die brande geaffekteer is, Dinsdag sou vergader om 'n deeglike opname te doen oor hoeveel hektaar, heinings, pype en waterkrippe, onder meer afgebrand het op sy plaas.  Hy deel, "mense is alreeds besig om hulle heinings weer te herstel en krippe... maar finansieël gaan dit maar moeilik." 

Diegene wat geldelike skenkings wil doen, kan VL se webtuiste besoek vir meer inligting: www.vrystaatlandbou.co.za

 


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.