On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 28 Oct 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.



Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag.

Die EU se mielie-invoer vir die 2020/21-seisoen tot dusver is 20% laer as die vorige seisoen se jaar tot datum-invoer teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R65/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 717/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R50/ton laer verhandel om teen R3 626/ton te sluit.


 
Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het onder druk gekom en het ongeveer 0.5% laer gesluit vir die dag.

In die EU is die sojaboon-invoer vir die 2020/21-seisoen tot dusver beter. Die nuutste data toon aan dat die jaar tot datum sojaboon-invoer meer is as die vorige seisoen se jaar tot datum-invoer.

Die plaaslike sojaboonmark het gister gemeng verhandel en het in sekere kontrakte laer gesluit vir die dag terwyl ander kontrakte ondersteuning gevind het en sterker gesluit het vir die dag.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2020, R8/ton laer verhandel vir die dag om teen R8 532/ton te sluit.


 
Koring:

Die internasionale koringmark het gister onder druk gekom met die vooruitsigte dat die weerstoestande in Rusland hopelik sal verbeter oor die volgende paar weke.

Die EU se koringuitvoer vir die seisoen tot dusver is ook laer en die nuutste data toon aan dat die jaar tot datum koring-uitvoer 30% laer is as die vorige seisoen se jaar tot datum uitvoer.

Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R34/ton laer verhandel om teen R5 066/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.