Agri Hour
Pryse van lewendehawe lyk steeds goed─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 29 Oct 2020
'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe.
Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik.
Hier is Derksen...
Sien onderstaande PODCAST
Derksen sê die mark is baie positief en verduidelik dat dit belangrik is om daarop te let dat die pryse wat weekliks deurgegee word, nie die rekenkundige gemiddelde is van al die vee in ‘n spesifieke klas nie, maar wel die pryse is van wat die goeie vee in daardie klasse voor gegaan het. Hy sê verder diere wat nader aan die mark is, behaal altyd ‘n premie omdat die vervoerkoste minder is.
Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings onder 200kg teen R40,21 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R37,12 en speenkalwers oor 250kg het teen R35,30 per kg verkoop.
Ander veilingspryse vir beeste:
A-klas beeste R27,50 per kg
B-klas beeste R22,50 per kg
C-klas vet koeie R22,15 per kg
Maer koeie R19,25 per kg
Slagbulle R23,10 per kg
Skape
Stoorlammers R48,11 per kg
Slaglammers R38,50 per kg
Stoorskape R30,06 per kg
Vetskape R28,14 per kg
Bokke
Lammers R48,88 per kg
Ooie R32,44 per kg
Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.
OFM-nuus
