On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri NK-president spreek onlangse betogings aan

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Thu, 29 Oct 2020

Agri NK-president spreek onlangse betogings aan | News Article

Vanjaar se Agri Noord-Kaap jaarkongres het ‘n ander gedaante aangeneem. Soos baie ander geleenthede het dit ingevolge die Covid-19 veiligheidsmaatreëls virtueel plaasgevind.


In die lig hiervan, het Agri Noord-Kaap Woensdag sy 41ste jaarkongres virtueel op sy Facebook-blad aangebied, met die tema ‘Landbou as ekonomiese dryfveer tot groei en herstel ná Covid-19'. Die organisasie se president, Nicol Jansen, wat vir nóg ‘n jaar as president van die organisasie gaan dien, het kwessies soos veiligheid op plase en die gebeure rakende die onlangse betogings aangespreek. Hier is Jansen… 


Sien onderstaande PODCAST


Jansen sê Suid-Afrikaners leef in 'n tyd wat die samelewing aanranding en moord as 'n wyse van konflikbestuur ervaar en waar die hoofmotief nie meer diefstal is nie. Hy voeg verder by dat aanhitsende en uitlokkende uitsprake deur politici op openbare platforms, soos sosiale media, bydra tot die verdeeldheid en polarisasie in die land.

Hy sê alhoewel die organisasie hom kan vereenselwig met die emosie en woede wat onlangse gebeure aan die lig gebring het, sal dit nie geweld en plundering regverdig as ‘n aanvaarbare antwoord en oplossing nie. “U moet uself nie in ‘n posisie plaas waar daar van die gemeenskap verwag word om te betoog tydens borgtogaansoeke nie," of dat sommige beskuldigdes borgtog geweier word maar vir ander beskuldigdes toegestaan word, binne die uitvloeisel van dieselfde insident nie, het Jansen verduidelik.

Hy doen ‘n beroep op inwoners om nie in ‘n emosionele oomblik van waansin aan die verkeerde kant van die gereg te beland nie en om nie die gereg in eie hande te neem nie.

Jansen sê hy het reeds met die veiligheidskomitee van Agri Noord-Kaap vergader met die opdrag om die nasionale en die provinsiale veiligheidstrategie op te som en beskikbaar te stel vir elke landbou-unie.


OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.