On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Thu, 29 Oct 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die Amerikaanse mielietermynkontrakte vir Desember het Woensdagoggend gedaal toe handelaars wins geneem het as gevolg van Dinsdag se 14-maande-hoogtepunte. Handelaars was die afgelope paar dae ook bekommerd oor die lae uitvoervraag vanaf China.

Die Brasiliaanse mieliepryse het die hoogtepunt van 2007 op Dinsdag gebreek omdat droë planttoestande die produksievooruitsigte vir die Suid-Amerikaanse land in 2020 verminder het. Brasilië is die tweede grootste mielie-uitvoerder ter wêreld en sal na verwagting in 2020/21 byna 20.321 miljoen ton minder na internasionale uitvoerkanale stuur as die VSA.

Die plaaslike mieliemark het Woensdag meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R9/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 731/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R4/ton hoër verhandel om teen R3 632/ton te sluit.


 
Sojabone:

Reën het gehelp om die uitgeputte grondvogvlakke in Brasilië te herstel te midde van die planttyd vroeër vandeesweek. Die vraag na China het Woensdagoggend ook tot 'n laer termynmark vir die sojabone in die VSA gelei.

Die styging in die sojaboonprys die afgelope tyd was weens die Chinese vraag wat ook onlangse prys-toenames grotendeels aangevuur het. Maar droë planttoestande in Brasilië en ekonomiese onrus in Argentinië dra ook by tot hoër sojaboonpryse.

Die plaaslike sojaboonmark het gister swakker verhandel en het onder druk gekom om in sekere kontrakte laer te sluit vir die dag terwyl ander kontrakte sywaarts beweeg het en oor die algemeen die dag swakker gesluit het.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2020, R7/ton laer verhandel vir die dag om teen R8 530/ton te sluit.


 
Koring:

Koring termynkontrakte in die VSA het getuimel namate reën in die suidelike vlaktes droë grond herlaai het, wat 'n nuwe vooruitsig bied vir die winterkoringtoestande wat onlangs in die streek geplant is. Reën in die Swart See-streek het ook die opbrengsvooruitsigte in Rusland en die Oekraïne verbeter, wat verder bygedra het tot die afname Woensdag.

Die uitvoer van sagte koring van die Europese Unie en die Verenigde Koninkryk vir die huidige bemarkingsjaar tot op hede het met byna 'n derde gedaal van dieselfde tyd 'n jaar gelede op 'n kleiner oes in 2020 wat uitvoerbare voorraad beperk. Versending van sagte koring aan kopers buite die Europese Unie tussen 1 Julie en 25 Oktober beloop 6,439 miljoen ton, wat 30% laer was as die versending tempo gedurende 1 Julie tot en met 27 Oktober verlede jaar.

Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R9/ton laer verhandel om teen R5 059/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.