Agri Hour
Onsekerheid heers steeds oor groot volumes wol in SA, Australië─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 30 Oct 2020
Daar heers steeds redelike onsekerheid oor die groot volumes wol wat aangebied gaan word in Suid-Afrika en Australië, in die afsienbare toekoms, asook die hernude vlaag van Covid-19 uitbrake in Europa.
Heinrich Victor, bestuurder van spesiale dienste by OVK, sê die wisselkoers van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede, gedurende die volgende week, kan volgende week se veiling beïnvloed.
Hier is Victor...
Sien onderstaande PODCAST
Hy sê wol wat vandeesweek in die makelaars se pakhuise ontvang is, is 12.8% minder in vergelyking met die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen. Luidens Victor het volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol weer eens goeie aandag geniet op die veiling en tot gesonde kompetisie tussen kopers gelei. Hy sê produsente kan gerus kennis neem hiervan en ook aanvaar dat dit 'n toekomsneiging is wat gekom het om te bly. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses. Victor sê die volgende wolveiling sal op 4 November 2020 plaasvind, waar sowat 7 378 bale aangebied sal word.
OFM-nuus
