On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Cape Wools SA: Meer as 10 000 bale op veiling aangebied

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 30 Oct 2020

Cape Wools SA: Meer as 10 000 bale op veiling aangebied | News Article
Image: Gallo Images/Foto24 - Conrad Bornman

Soos oudergewoonte op 'n Vrydag, verskaf ons die weeklikse nasionale wolmarkverslag, wat deur Cape Wools SA aan OFM-nuus beskikbaar gestel word.


Vandeesweek se wolveiling het met 'n groter aanbieding van 10 099 bale afgeskop waar ‘n verkoopspersentasie van 95,5% behaal is. Luidens Cape Wools SA se wolmarkverslag het die mark met 2,2% teruggesak en op R145,60 per kg gesluit, terwyl die Rand teenoor die Amerikaanse Dollar versterk het.

Volgens die wolmarkverslag het die Rand finaal 0,5% sterker teenoor die Amerikaanse Dollar gesluit en dit het daartoe bygedra dat die mark met 1,6% in Amerikaanse Dollar-terme afgeneem het.

Die Australiese mark het met 6,6% gedaal, wat toegeskryf kan word aan 'n buitengewone groot aanbieding wat nie deur die mark opgeneem kon word nie. Dit het aanleiding tot die laer verkope gegee.

Die aanbod het hoofsaaklik uit lang, fyn merinowol bestaan waarvoor goeie mededinging geheers het.

Sterker wol het vandeesweek swakker vertoon, terwyl volhoubaar geproduseerde wol 22% van die aanbod opgemaak het en bo die mark-gemiddeld presteer het.

Die grootste kopers op die veiling was Modiano SA met 3 011 bale, Lempriere SA met 2 085 bale, Standard Wool SA met 1 581 bale en Stucken & Co met 1 075 bale wol.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron-kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5), was soos volg: 18,0 mikron tipe het met 1,4% gedaal en teen R183,12 per kg gesluit.

Die 18,5 mikron tipe het met 1,3% afgeneem en teen R170,56 per kg gesluit, terwyl die 19 mikron tipe verlaag het met 0,9% en teen R160,17 per kg gesluit het.

Die 19,5 mikron tipe het verswak met 2,1% en teen R148,62 per kg gesluit, terwyl die 20 mikron tipe met 2,3% gedaal het en op R141,61 per kg gesluit het.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 4 November 2020 waar ongeveer 10 052 bale aangebied sal word. 

20,5 mikron tipe het met 2,0% verswak en op R136,13 per kg gesluit. Die 21,0 mikron tipe het met 1,5% afgeneem en teen R135,62 per kg gesluit, terwyl die 21,5 mikron tipe met 1,8% afgeneem het en op R133,80 per kg gesluit het. Die 22 mikron tipe wol het met 2,9% gedaal en op R131,34 per kg gesluit terwyl die 22,5 mikron tipe wol met 2,5% verwak het en op R135,22 per kg gesluit het.


OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.