On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Veldbrande ruk boere se sakke

───   05:30 Mon, 02 Nov 2020

Veldbrande ruk boere se sakke | News Article

Sowat 200 000 hektaar veld is afgebrand weens wegholveldbrande in die westelike dele van die Vrystaat.


Dit is volgens dr. Willem Lombard van die Universiteit van die Vrystaat. Hy sê hierdie brande kan beskryf word as die ergste brande in die afgelope paar jaar. Hy sê geaffekteerde produsente herstel steeds van die uitwerking van die 2015/16 droogte en kan hulself nou in 'n nog erger situasie bevind. OFM-nuus se Blaine Jones het met hom hieroor gesels…


Sien onderstaande PODCAST


Lombard sê die verkryging van voeding vir oorblywende vee sal waarskynlik die grootste probleem vir produsente in geaffekteerde gebiede wees. Hy verduidelik produsente wie se hele plaas afgebrand het, sal al hulle voer moet koop wat verdere koste tot gevolg kan hê.

Lombard meen produsente met verbande op hul plase sal steeds hul paaiemente moet betaal, maar met die verhoogde insetkoste sal hulle onder geweldige druk wees om steeds 'n wins te toon. Hy sê die verhoogde vraag beteken dat vee, veral teelmateriaal, nou meer werd is, wat ook die impak van die brande baie vererger.

Landbou speel 'n groot rol in ekonomiese aktiwiteite van die meeste plattelandse dorpe in Suid-Afrika. Lombard voeg by dat wanneer landbouprodusente geraak word, kan dit moontlike werksverliese vir plaaswerkers en hul afhanklikes tot gevolg hê. Dit alles lei daartoe dat minder Rande in die plaaslike ekonomie ingepomp word. Hy sluit af deur te sê dat die impak van die brande dus nie by die plaashek stop nie en dat dit die vlakke van werkloosheid en armoede in die geaffekteerde gebiede kan vererger.


OFM-nuus/Blaine Jones

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.