Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Mon, 02 Nov 2020
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag meestal gemeng verhandel vir die dag, maar het uiteindelik laer gesluit vir die dag.
Die weeklikse Amerikaanse uitvoerverkope. wat einde verlede week gerapporteer is, was positief met 'n reeks private uitvoerverkope wat aan die Amerikaanse Departement van Landbou gerapporteer is.
Die plaaslike mieliemark het Vrydag meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R52/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 586/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R32/ton laer verhandel om teen R3 528/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag, nadat dit meestal verlede week onder druk was.
Die Amerikaanse sojaboon uitvoerverkope was verlede week baie positief met groot uitvoerverkope wat aan die Amerikaanse Departement van Landbou gerapporteer is.
Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2020, R75/ton hoër verhandel vir die dag om teen R8 550/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het Vrydag gemeng verhandel met die winterkoring-markte wat onder druk gekom het, terwyl die lentekoring mark sterker verhandel het vir die dag.
In Frankryk is 66% van die koring vir die 2020/21-seisoen reeds aangeplant. Dit is in lyn met die vyf-jaar gemiddelde aanplantings teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die plaaslike koringmark het Vrydag meestal onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R2/ton laer verhandel om teen R5 068/ton te sluit.
OFM-nuus
