On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Organisasies samel saam skenkings vir boere in Wes-VS in

───   05:00 Tue, 03 Nov 2020

Organisasies samel saam skenkings vir boere in Wes-VS in | News Article
Foto: Afriforum

Verskeie organisasies, soos Saai en Vrystaat Landbou, het hande gevat om skenkings en fondse in te samel vir boere wat geraak word deur wegholveldbrande in die Wes-Vrystaat.


Francois Rossouw, die uitvoerende hoof van Saai, sê hulle ontvang steeds skenkings van die publiek en is dankbaar dat mense hulle harte en beursies oopmaak om geaffekteerde boere te help. OFM-nuus se Blaine Jones het met hom gesels…


Sien onderstaande PODCAST


Rossouw sê diegene wat graag skenkings wil doen, kan Saai se webblad besoek vir meer inligting www.saai.org.

OFM-nuus het voorheen berig dr. Willem Lombard van die Universiteit van die Vrystaat sê sowat 200 000 hektaar veld is verwoes tydens die onlangse wegholbrande in die westelike dele van die Vrystaat. Hy het bygevoeg dat geaffekteerde produsente in die gebied steeds herstel van die uitwerking van die 2015/16-droogte en en hulle kan hulself nou in 'n nog erger situasie bevind. Volgens Lombard word hierdie brande as die ergste brande in die afgelope paar jaar beskryf. 




OFM-nuus/Blaine Jones

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.