Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Tue, 03 Nov 2020
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Amerikaanse mielietermynkontrakte het Maandagoggend laer gedaal as gevolg van die dalende wêreldwye energiepryse namate die vooruitsigte vir mielies se vraag na etanol verswak het.
Die Amerikaanse mielie-oes het verlede week met 12% gestyg tot 72% voltooi op 25 Oktober ten spyte van sneeu en reën die vorige naweek.
Die plaaslike mieliemark het Maandag meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R100/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 486/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R89/ton laer verhandel om teen R3 439/ton te sluit.
Sojabone:
Amerikaanse spekulante belangstelling in kommoditeite het afgeneem omdat die weervooruitsigte die kans verbeter het vir die Suid-Amerikaanse sojaboonoes, die pryse in die soja-termynkontrakte het laer gedaal Maandagoggend.
Die Amerikaanse oesvorderingsverslag van verlede week het 83% oesvoltooiing aangedui, wat effens stadiger is as wat die ontleders verwag het. Maar die totaal het 10% hoër gebly as die vyfjaargemiddeld en het die week met 8% gestyg ondanks neerslae in groot produserende dele van die VSA.
Die plaaslike sojaboonmark het Maandag wisselvallig verhandel met sommige kontrakte wat laer geëindig vir die dag in van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2020, R10/ton hoër verhandel vir die dag om teen R8 560/ton te sluit.
Koring:
'n Stygende dollar het Maandagoggend verliese in die koringkontrakte aangevuur toe die ICE-dollarindeks met $0,038 tot $94,080 gestyg het weens die stygende onsekerheid rondom die pandemie en die presidentsverkiesing op Dinsdag. Bestendige reën verlede week in die VSA het ook die ontwikkeling van winterkoring ondersteun.
Die Australiese koringoes sal begin wanneer die plaaslike somerseisoen hewiger word. Die Land Down Under sal na verwagting vanjaar 'n groot oes lewer danksy oorvloedige reën na 'n katastrofale droogte van drie jaar. USDA verwag dat Australië vanjaar 28 miljoen ton koring sal produseer, die derde grootste oes op rekord. Australië is die wêreld se vyfde grootste uitvoerder van koring.
Die plaaslike koringmark het Maandag meestal onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R14/ton laer verhandel om teen R5 054/ton te sluit.
OFM-nuus
