Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Wed, 04 Nov 2020
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die stroopproses in die VSA vorder goed en volgens die nuutste verslag vanaf die Amerikaanse Departement van Landbou, is 82% van die mielies in die VSA reeds gestroop.
Die 82% mielies wat reeds gestroop is, is beter as die 5 jaar gemiddelde tempo van 69% voltooi teen dieselfde tyd van die seisoen. Die vorige seisoen was 49% van die mielies gestroop teen dieselfde tyd van die jaar.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal gemeng verhandel met van die kontrakte wat onder druk gekom het, terwyl ander kontrakte sterker verhandel het vir die dag.
Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R17/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 469/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R26/ton laer verhandel om teen R3 413/ton te sluit.
Sojabone:
Die stroopproses in die VSA vorder goed en volgens die nuutste verslag vanaf die Amerikaanse Departement van Landbou is 87% van die sojabone in die VSA reeds gestroop.
Die 87% sojabone wat reeds gestroop is, is beter as die 5 jaar gemiddelde tempo van 83% voltooi teen dieselfde tyd van die seisoen. Die vorige seisoen is 71% van die sojabone gestroop teen dieselfde tyd van die jaar.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2020, R20/ton laer verhandel vir die dag om teen R8 540/ton te sluit.
Koring:
Volgens die weeklikse produksievorderingsverslag is 89% van die Amerikaanse winterkoring vir die seisoen reeds aangeplant. Dit is 3% meer as die 5 jaar gemiddelde tempo teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die winterkoring wat reeds ontkiem het, word op 71% geskat wat beter is as die 5-jaar gemiddelde tempo van 70% ontkiem teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die plaaslike koringmark het gister meestal sywaarts verhandel en het nie groot prysbewegings vir die dag getoon nie.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020 onveranderd teen R5 054/ton gesluit.
OFM-nuus
