On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 05 Nov 2020

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article
Image: Sabrina Dean

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag, praat OFM-nuus se Elsabé Richard met die landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher.


Hier is Laubscher…


Sien onderstaande PODCAST


Laubscher sê landbou se rol as groei-katalis en werkskepper is nou meer as net ’n terloopse onderwerp tydens debatte oor hoe om Suid-Afrika weer op ’n volhoubare groeipad te kry. Hy verduidelik dat dié herwaardering van landbou egter grootliks die gevolg is van die negatiewe impak van die droogte regoor die land. Laubscher meen dat minder kos op die tafel - wat deur minder verbruikers bekostig kon word - tot dié ander sienings gelei het.

Hy sê tensy daar voldoende vraag is, sal vooruitsigte van ’n beter aanbod van stapelvoedsel soos mielies ongelukkig nie veel beteken nie in terme van plaashek-volhoubaarheid nie.

Die vraag na mielies, uitsluitend vir menslike verbruik, is ‘n afgeleide vraag wat afhang van faktore soos inflasiedruk op besteebare inkomste, uitvoervraag, die veevoer-faktor, ensovoorts. “Indien die voorneme om te plant realiseer – vroeë aanduidings is dat meer hektaar as verlede jaar geplant kan word - met gepaardgaande beter oesvooruitsigte, is verbeterde plaashek-volhoubaarheid nie noodwendig vanselfsprekend nie,” voeg Laubscher by.

Hy voeg verder by dat die werklikheid direk afhanklik is van wat met die vraag kan gebeur. Drie faktore gaan veral hier ’n rol speel, naamlik werkloosheid, inflasie en veral verwagte inflasie en die voorgestelde nasionale minimum loon. Dié drie faktore kan gesien word as die blinde kol.

Verder sê Laubscher dat landbou se bydrae tot die ekonomie baie keer verkeerdelik as laag en dalend afgemaak word. Hy sê primêre landbou se aandeel in die ekonomie daal met verloop van tyd, maar dit dui allermins op verlaagde bydrae. Wat hier van belang is, sê Laubscher, is die aanlyn bydrae wat die gevolg is van wat die primêre landbou lewer.

Hy dui ook aan dat landbou se bydrae sover positief was hierdie jaar - een van min sektore - maar die aandeel tot die Bruto Binnelandse Produk (BBP) moet nie net op grond van sy bydrae as primêre sektor beoordeel word nie. 

Laubscher sê die meeste landbouprodukte verlaat die plaashek in ’n formaat wat allermins verbruikbaar is en ten einde waarde te hê vir die eindverbruiker, is enorme waardetoevoeging aan die orde van die dag. Hy sê die waarde van die sektor lê hierin. Produsente se aandeel verskil van produk tot produk en is ’n afgeleide van die koste en omvang van toegevoegde waarde.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.