Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Thu, 05 Nov 2020
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Mielietermynkontrakte in die VSA was gemeng Woensdagoggend omdat kommoditeitsmarkte op die uitslag van die presidentsverkiesing wag.
Die Mexikaanse peso het teen die Amerikaanse dollar verswak omdat die wisselvalligheid rondom die uitslag van die Amerikaanse presidentsverkiesing sy tol op markte geëis het. Namate die peso verswak, koop Mexiko minder Amerikaanse mielies. Dit kan die vraag na mielie-uitvoer beïnvloed en 'n negatiewe invloed op die mieliepryse hê as onlangse Chinese kooptendense vertraag word. Mexiko is die grootste internasionale koper van Amerikaanse mielies.
Die plaaslike mieliemark het Woensdag gemeng verhandel vir die dag, met sekere kontrakmaande van wit en geelmielies wat laer verhandel het, wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R24/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 441/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R11/ton laer verhandel om teen R3 396/ton te sluit.
Sojabone:
Beweging in die palmolie-mark het die pryse in die sojamarkte Woensdagoggend ondersteun.
Droë weerpatrone wat in belangrike sojaboonproduserende streke in Suid-Amerika verwag word, weeg steeds in op die handelaars se gedagtes soos wat die termyn van die sojabone in Januarie styg.
Die plaaslike sojaboonmark het Woensdag sterker verhandel en het ondersteuning gevind om oor alle kontrakte hoër te sluit vir die dag.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2020, R70/ton hoër verhandel vir die dag om teen R8 613/ton te sluit.
Koring:
Amerikaanse koringtermynkontrakte was Woensdag gemeng toe markte die wisselvalligheid rondom die presidentsverkiesing verwerk het.
Gunstige groeitoestande in die Oekraïne het die prysstygings vir die sagte rooi winterkoringkontrak in Chicago teengewerk, terwyl die grondvogtoestande in die suidelike vlakte twyfelagtig bly, wat die pryse in Kansas City Woensdagoggend verhoog het.
Die plaaslike koringmark het Woensdag meestal ondersteuning gevind en het hoër gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R16/ton hoër verhandel om teen R5 075/ton te sluit.
OFM-nuus
