On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Wolmark presteer bo verwagting

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 06 Nov 2020

Wolmark presteer bo verwagting | News Article
Image: Sabrina Dean

Alhoewel die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede versterk het en daar ‘n hernude vlaag van Covid-19-gevalle in Europa is, het die wolmark bo verwagting goed presteer op vandeesweek se veiling.


Heinrich Victor, bestuurder van spesiale dienste by OVK, sê wat wel 'n invloed op die mark in die kort tot medium termyn kan hê, is die Amerikaanse verkiesingsuitlae, wat bepalend kan wees vir toekomstige handelsbetrekkinge tussen die Verenigde State van Amerika en China. Hier is Victor...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê wol wat vandeesweek in die makelaars se pakhuise ontvang is, is 0.2% laer in vergelyking met die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen. Luidens Victor het volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol weer eens goeie aandag geniet op die veiling en tot gesonde kompetisie tussen kopers gelei. Hy sê produsente kan gerus kennis neem hiervan en ook aanvaar dat dit 'n toekomsneiging is wat gekom het om te bly. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses. Victor sê die volgende wolveiling sal op 11 November 2020 plaasvind, waar sowat 11 020 bale aangebied sal word.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.