On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 06 Nov 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Amerikaanse mieliepryse het Donderdag die styging in die sojamark gevolg, omdat droë planttoestande in Brasilië kommer wek oor vertragings in die oes en laer opbrengste.

Ondanks dalende petrolverbruik, het die produksie van etanol met 2% gestyg in die VSA tot 'n hoogtepunt van sewe en 'n half maande op Woensdag. Vir die week wat op 30 Oktober geëindig het, was die produksie van etanol 152,93 miljoen liter per dag. Dit was die hoogste vlak van weeklikse etanolproduksie sedert die pandemie middel Maart begin het.

Die plaaslike mieliemark het Donderdag ondersteuning verloor en het oor alle kontrakte wat tans gelys is, swakker gesluit.

Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R72/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 369/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R58/ton laer verhandel om teen R3 338/ton te sluit.


 
Sojabone:

Die uitvoervraag uit China en Brasilië het die pryse van sojabone-termynkontrakte in Chicago Donderdagoggend verhoog. Gisteroggend se prysvlakke het bo vier jaar se hoogtepunte gestyg, met droë weervoorspellings in Suid-Amerika wat die kommer oor potensiële oesvertragings verdiep en ook die oggend se bewegings ondersteun het.

Die volgende uitvoerverslag sal 'n vertraging uit die Golf van Mexiko toon as gevolg van sluitings weens die orkaan Zeta.

Die plaaslike sojaboonmark het Donderdag sterker verhandel en het ondersteuning gevind om oor alle kontrakte hoër te sluit vir die dag.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2020, R87/ton hoër verhandel vir die dag om teen R8 700/ton te sluit.


 
Koring:

Daar word verwag dat die ramings vir wêreldkoring eindvoorrade in volgende week se WASDE verslae sal daal, dit het bygedra tot die ondersteuning wat die VSA se koringmark Donderdagoggend gesien het.

Die reën verlede week in die Suidelike Vlakte het waarskynlik onder die hoeveelheid geval wat die dalende winterkoringtoestande aansienlik moes verbeter.

Die plaaslike koringmark het Donderdag meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag oor alle kontrakte wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R55/ton laer verhandel om teen R5 013/ton te sluit.


OFM-nuus
 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.