Agri Hour
Pryse vir lewendehawe toon styging─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 12 Nov 2020
'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe.
Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen...
Sien onderstaande PODCAST
Derksen sê lewendehawe se pryse het mooi gestyg, wat positiewe nuus is en nuwe moed gee om die diverse moeilikhede aan te pak. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings onder 200kg teen R42,10 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R37,36 en speenkalwers oor 250kg het teen R36,35 per kg verkoop.
Ander veilingspryse vir beeste:
A-klas beeste R27,55 per kg
B-klas beeste R24,08 per kg
C-klas vet koeie R23,66 per kg
Maer koeie R19,87 per kg
Slagbulle R25,98 per kg
Skape
Stoorlammers R45,88 per kg
Slaglammers R38,46 per kg
Stoorskape R31,10 per kg
Vetskape R30,04 per kg
Bokke
Lammers R53,77 per kg
Ooie R38,12 per kg
Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.
OFM-nuus
