On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Sterker Rand speel rol in wolmark se daling

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 13 Nov 2020

Sterker Rand speel rol in wolmark se daling | News Article
Image: The Independent

Die daling in die wolmark vandeesweek kan toegeskryf word aan die Rand se versterking teen die vernaamste geldeenhede.


Heinrich Victor, bestuurder van spesiale dienste by OVK, sê die hernude vlaag van Covid-19-gevalle in Europa, het ‘n wisselvallige mark in Suid-Afrika en Australië veroorsaak. Hy sê die onlangse uitslag van die Amerikaanse presidensiële verkiesing kan egter 'n positiewe invloed hê op handelsbetrekkinge tussen Amerika en China in die afsienbare toekoms. Victor sê dit kan gunstig wees vir die wolmark in die kort tot medium termyn. 

Hier is Victor...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê wol wat vandeesweek in die makelaars se pakhuise ontvang is, is 1% laer in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen. Luidens Victor het volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol weer eens goeie aandag geniet op die veiling en tot gesonde kompetisie tussen kopers gelei. Victor sê produsente kan gerus kennis neem hiervan en ook aanvaar dat dit 'n toekomsneiging is wat gekom het om te bly. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses. Die volgende wolveiling sal op 18 November 2020 plaasvind.


 


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.