Agri Hour
Nuwe plantspesie in NK ontdek─── 05:00 Mon, 16 Nov 2020
'n Nuwe plantsoort is in die Noord-Kaapse Richtersveld Nasionale Park ontdek.
‘n Kurator van die Richtersveld-woestyn Botaniese Tuine, Pieter van Wyk, het die genus ontdek. In ‘n onderhoud met OFM-nuus se Blaine Jones het Van Wyk gesê dat dit deel is van die genus Othonna-spesies wat endemies is aan Suider-Afrika. Hier is Van Wyk…
Sien onderstaande PODCAST
Van Wyk sê die spesie vorm deel van die genus Othonna wat endemies is aan Suider-Afrika. Die spesie behoort ook aan die sonneblomfamilie, Asteraceae. Die nuwe plant kan maklik onderskei word deur straalblommetjies en baie sappige blare.
Van Wyk sê hy het die afgelope 18 jaar ‘n foto herbarium opgebou van die Richtersveld flora met meer as 25 000 foto's, asook meer as 4 000 voorbeelde van gedroogte ontdekte plante vir SANParke en SANBI herbariums.
Vir meer inligting hieroor en inligting oor nuwe ontdekkings, besoek SANPArks-/Ai/Ais Richtersveld Transfrontier National Park op Facebook.
OFM-nuus/Blaine Jones
