On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agri Hour

DA verwelkom verklaring van rampgebiede ná brande

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Tue, 17 Nov 2020

DA verwelkom verklaring van rampgebiede ná brande | News Article
Image: Supplied

Die gebiede in die Wes-Vrystaat wat in Oktober deur wegholveldbrande verwoes is, is deur die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela, as rampgebiede verklaar.


Dit kom nadat sowat 100 000 hektaar veld in die Hertzogville-, Hoopstad- en Boshof-distrikte deur dié veldbrande verwoes is. Die leier van die DA in die Vrystaat, Roy Jankielsohn, sê die party verwelkom dié aankondiging in die Staatskoerant van ‘n ramptoestand in die bogenoemde areas. Hier is Jankielsohn…


Sien onderstaande PODCAST


Die party sê in ‘n verklaring brande het elke jaar 'n verwoestende uitwerking op die landbousektor met verliese aan weiding van 1 350 284 hektaar tussen 2014 en 2019:

2014 - 353 415 hektaar 

2015 - 198 011 hektaar

2016 -   55 332 hektaar

2017 - 313 933 hektaar

2018 - 281 399 hektaar

2019 - 148 194 hektaar

Die finansiële verliese is groot as daar gekyk word na die verwoeste hektaar in weiding, infrastruktuur en vee, onder meer. Die party voeg verder by dit het 'n vernietigende impak op die vermoë van opkomende en kommersiële boere om volhoubare ondernemings te onderhou.

Luidens die verklaring het die regering die verantwoordelikheid om hulpbronne tot hul beskikking te gebruik om boere te help tydens tye wat hulle die meeste kwesbaar is - soos tydens droogtes en brande. Hoewel rampverligting belangrik is, het die party die kwessie geopper oor die noodsaaklikheid van die beskikbaarheid van onmiddellike hulp vir geaffekteerde gemeenskappe. Die party voeg verder by dat tydens sulke rampe het vee veeartsenykundige hulp nodig en moet hulle dadelik gevoer word.

Intussen sal die DA vrae aan die premier voorlê om vas te stel wat die aard van die ondersteuning sal wees en wie dit sal ontvang noudat dit in die koerant verskyn.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.