Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Tue, 17 Nov 2020
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark verhandel steeds sterker nadat die Amerikaanse Departement van Landbou die Amerikaanse produksieverwagtinge vir die seisoen afwaarts aangepas het verlede week.
Die uitbreiding van China se varkkudde skep ook steeds 'n goeie vraag na mielies, wat positief is vir die wêreld se mielie-uitvoer van mielies, asook die internasionale pryse.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R22/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 486/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R30/ton laer verhandel om teen R3 400/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse Departement van Landbou het ook verlede week die sojaboon-produksieverwagtinge vir die seisoen afwaarts aangepas wat die internasionale sojaboonpryse ondersteun het.
Dit is steeds droog in groot gedeeltes van Suid-Amerika se sojaboon-produserende gebiede en goeie wydverspreide reënval in van kritieke belang oor die volgende twee weke in Suid-Amerika.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2020, R150/ton laer verhandel vir die dag om teen R8 630/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het nie tans so baie veranderinge in die fundamentele nuus nie en die mark verhandel redelik stabiel.
Alhoewel daar baie geleenthede is vir koring-uitvoer in die internasionale konteks is die kompetisie tussen die verskillende uitvoerlande tans stram.
Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R15/ton laer verhandel om teen R5 054/ton te sluit.
OFM-nuus
