On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Sentraal Karoo-boere benodig #Droogtehulp

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Wed, 18 Nov 2020

Sentraal Karoo-boere benodig #Droogtehulp | News Article
Image: FreeDigitalPhotos.net

Droogte heers ook steeds in Sentraal Karoo in die Wes-Kaap.


Dit is volgens ‘n plaaslike vroulike boer, Christa Mans. Mans sê van die boere in die streek moes hulle plaashekke sluit om iewers anders ‘n heenkome te soek. Sy het ‘n groep gestig genaamd Boere met Hoop wat uit meer as 200 boere bestaan waar voer bestel word en skenkings tussen dié boere uitgedeel word. OFM-nuus se Elsabé Richard het met haar hieroor gesels. Hier is Mans…


Sien onderstaande PODCAST


Sentraal Karoo sluit in die Laingsburg-, Prins Albert-, Merweville-, Leeu Gamka- en Beaufort-Wes distrikte in die Wes-Kaap. In van hierdie distrikte het dit sewe jaar gelede nog gereën en die diere sowel as die boere met hul werknemers verkeer in ‘n voer- en voedselnood.

Die Boere met Hoop-groep bestaan uit 203 boere wat geleë is in droogtegeteisterde gebiede in die streek. Mans sê sy adverteer voer wat sy teen billike pryse gekry het op hierdie groep, en stel boere in kennis van enige skenkings wat sy ontvang het.

Mans, wat saam met haar man in die Laingsburg-distrik boer, sê niemand het meer geld om voer te koop of kan vervoerkoste bekostig nie. “Hier’s regtigwaar ‘n groot, groot nood in Sentraal Karoo, selfs vir kos op die tafel ook… Die mense se fondse is nou absoluut uitgeput. Hulle overdrafts is op hulle limiete,” verduidelik Mans. Sy sê heelwat van hulle bure het hulle plase in die mark gesit as gevolg van die droogtesituasie.

Sy sê hulle ontvang egter gereeld skenkings vanaf Agri Gauteng, Agri Wes-Kaap sowel as vanaf boere in die Vrystaat.

Mans voeg verder by dat boere elke dag hoop vir reën. Sy sê ten spyte van die uitdagings bly boere positief en voer hulle steeds hulle diere met die hoop dat hulle in die afsienbare toekoms weer ‘n bestaan sal kan maak uit hulle plase.

Indien u graag skenkings wil doen aan Boere met Hoop, skakel Mans op 082 745 3487.


 

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.