Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Wed, 18 Nov 2020
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die stroopproses in die VSA vorder goed en volgens die nuutste verslag vanaf die Amerikaanse Departement van Landbou is 95% van die mielies in die VSA reeds gestroop.
Die 95% mielies wat reeds gestroop is, is beter as die vyf-jaar gemiddelde tempo van 87% voltooi teen dieselfde tyd van die seisoen. Die vorige seisoen was 73% van die mielies gestroop teen dieselfde tyd van die jaar.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R8/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 498/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R23/ton hoër verhandel om teen R3 422/ton te sluit.
Sojabone:
Die stroopproses in die VSA vorder goed en volgens die nuutste verslag vanaf die Amerikaanse Departement van Landbou is 96% van die sojabone in die VSA reeds gestroop.
Die 96% sojabone wat reeds gestroop is, is beter as die 5 jaar gemiddelde tempo van 93% voltooi teen dieselfde tyd van die seisoen. Die vorige seisoen was 89% van die sojabone gestroop teen dieselfde tyd van die jaar.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2020, R44/ton hoër verhandel vir die dag om teen R8 680/ton te sluit.
Koring:
Volgens die weeklikse produksievorderingsverslag is 96% van die Amerikaanse winterkoring vir die seisoen reeds aangeplant. Dit is2% meer as die 5 jaar gemiddelde tempo teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die winterkoring wat reeds ontkiem het, word op 85% geskat, wat beter is as die vyf-jaar gemiddelde tempo van 84% ontkiem teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R43/ton laer verhandel om teen R5 014/ton te sluit.
OFM-nuus
