Agri Hour
Lewendehawe markpryse toon steeds styging─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 19 Nov 2020
'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe.
Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen...
Sien onderstaande PODCAST
Derksen sê dit is belangrik om te onthou dat die beste pryse vir lewendehawe gewoonlik gedurende die laaste vier maande van die jaar gevind kan word. Hy voeg verder by dit is omdat vet beeste gewoonlik skaars is teen die einde van die winter. Hy sê die piek in pryse geskied gewoonlik in die laaste week van November. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings onder 200kg teen R44,23 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R38,55 en speenkalwers oor 250kg het teen R37,13 per kg verkoop.
Ander veilingspryse vir beeste:
A-klas beeste R27,60 per kg
B-klas beeste R24,88 per kg
C-klas vet koeie R24,21 per kg
Maer koeie Wissel tussen R17,00 en R20,15 per kg
Slagbulle R26,09 per kg
Skape
Stoorlammers R44,33 per kg
Slaglammers R38,08 per kg
Stoorskape R30,64 per kg
Vetskape R30,11 per kg
Bokke
Lammers R54,00 per kg
Ooie R40,22 per kg
Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.
OFM-nuus
