On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Thu, 19 Nov 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister goeie ondersteuning gevind en het tot 1% hoër gesluit vir die dag in van die kontrakmaande.

Privatet uitvoerders het gister ongeveer 140 000 ton se mielie uitvoerverkope aan die USDA gerapporteer. Die bestemming van lewering is steeds onbekend.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R92/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 410/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R76/ton laer verhandel om teen R3 350/ton te sluit.


 
Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het aanvanklik gister goeie ondersteuning gevind, maar het meer onder druk begin kom soos die dag gevorder het. Die mark het egter steeds hoër gesluit vir die dag.

Suid-Korea het ? internasionale tender uitgesit om ongeveer 76 000 ton se GMO-vrye sojabone aan te koop. Die aankope kan van enige bestemming af gedoen word.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.  

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2020, R29/ton laer verhandel vir die dag om teen R8 645/ton te sluit.
 


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag om van die verliese wat vroeër die week gesien was op te maak.  

Die verwagting in die mark is dat die week se uitvoerverkope tussen ongeveer 250 000 en 500 000 ton behoort te wees.

Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R25/ton laer verhandel om teen R4 995/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.