Agri Hour
#Covid19, sterker Rand beïnvloed SA wolmark negatief─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 20 Nov 2020

Die Suid-Afrikaanse wolmark word tans negatief beïnvloed deur die Rand wat die afgelope maand konstant versterk het teenoor die vernaamste geldeenhede, die afname in die Australiese wolmark en die wêreldwye onsekerheid oor die stand van Covid-19.
Heinrich Victor, bestuurder van spesiale dienste by OVK, sê wolaanvraag uit China het egter verbeter die afgelope tyd. Hy sê dit verhoed dat die wolmark verder verswak, terwyl Europa in die afsienbare toekoms nie 'n groot rolspeler gaan wees nie, as gevolg van die hernude Covid-19 inperkings. Hier is Victor...
Sien onderstaande PODCAST
Hy sê wol wat vandeesweek in die makelaars se pakhuise ontvang is, is 3,5% laer in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen. Luidens Victor het volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol weer eens goeie aandag geniet op die veiling en tot gesonde kompetisie tussen kopers gelei. Victor sê produsente kan gerus kennis neem hiervan en ook aanvaar dat dit 'n toekomsneiging is wat gekom het om te bly. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses. Die volgende wolveiling sal op 25 November 2020 plaasvind.
OFM-nuus